Bundel 3: Hoe Hoor ek God se Stem? + Vashou en Loslaat
PAKKET-AANBOD! Koop albei saam en spaar 20%. Geldig tot 30 November 2026.
Hoe Hoor ek God se Stem?
Wonder jy soms of God met jou praat, of of Hy jou hoor as jy met Hom praat? Jy is nie die enigste gelowige met daardie vrae nie. Uit haar Bybelkennis en eie geloofservarings antwoord Lynette sewe groot vrae oor hoe ons met die Here kommunikeer, met praktiese raad om jou geloofsverhouding te verdiep en God se stem op jou eie manier te hoor.
Vashou en Loslaat
Hartsgedagtes en sielskos uit Lynette se blogs, artikels en ander skryfwerk. Lees dit as kort daaglikse stukke, elkeen met ‘n Bybelvers, of gebruik dit om eerlik na jouself te kyk, jou vrese en emosies te verstaan en weer aan jou drome te begin werk.