{"product_id":"lewe-in-volkleur-pakket","title":"Lewe in Volkleur","description":"\u003cp\u003e\u003cspan\u003ePersoonlikheid word in die Vierkleurtemperamentmodel verduidelik en in vier kleure opgedeel. Toets jouself en weet wie jý is en verstaan ander mense beter.\u003c\/span\u003e\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eMense verskil. Elkeen dink anders, doen anders en het ’n ander siening van pret, stres, besluitneming of hoe om dinge gedoen te kry. Stel jou voor hoe suksesvoller en gelukkiger ons sal wees as ons die insig het om onsself en ander te verstaan!\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eLynette Beer wys jou hoe om jou persoonlike en professionele drome te bewaarheid. Die vier kleure en persoonlikheidstipes sal jou help om op alle gebiede van jou lewe uit te styg – van jou verhoudings tot jou loopbaan.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eAs jy hierdie boek klaar gelees het, sal jy kan sê jy KEN jouself. Jy sal verstaan hoe jou temperament werk en hoe dié van ander mense by joune aanhaak … of daarmee bots.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eBONUS #1: TEMPERAMENTTOETS\u003cbr\u003eIngesluit is ’n 15-minuut-toets wat jou oë oopmaak vir die vier basiese temperamente en die een wat by jou oorheersend is. Dit sal jou ook inspireer om meer te maak van jou sterkpunte en minder vas te val in die swakkeres.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eBONUS #2: 12 VIDEO’S\u003cbr\u003eSkandeer die QR-kode (bl. 13) vir Lynette se 12 video’s rakende persoonlikheidstipes. Deur dié kennis toe te pas, sal jy makliker kommunikeer, konflik ontlont en hartskonneksies aanknoop.\u003c\/p\u003e","brand":"Lynette Beer Online Store","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":44592574791703,"sku":"9780639772660","price":300.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0788\/5825\/6407\/files\/lewe-in-volkleur-voor.png?v=1771395063","url":"https:\/\/shop.lynettebeer.co.za\/products\/lewe-in-volkleur-pakket","provider":"Lynette Beer Online Store","version":"1.0","type":"link"}